Omstreeks 10:40 op Woensdag 21 Junie het paramedici van ER24 en Life Healthcare 'n man en 'n kind op die sypaadjie voor hul huis aangetref.

Die kind het geen tekens van lewe getoon nie. Paramedici het haar probeer bybring, maar sy is ná 30 minute op die toneel dood verklaar.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die gesin het die kind uit die swembad gehaal en haar na die sypaadjie gedra.

“Die voorval sal ondersoek word,” sê Russel.

Bron: ER24