Luidens ’n ER24-verklaring het ’n Polo, bakkie en Audi in die Secunda-area gebots.

Met ER24 se aankoms het die bakkie in ’n wal gelê, die Polo was in die pad en die Audi in ’n drein. ’n Ander mediese span wat reeds op die toneel was, het die twee mense dood verklaar.

ER24 het ’n man, wat glo in sy 20's is, na die Evander-hospitaal geneem. Hy het ernstige beserings opgedoen.

Die ander mediese span het die pasiënte na verskeie hospitale geneem. 

"Die omstandighede rondom die ongeluk is nog onbekend, maar die SAPD en plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak," sê Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder.