“Hy het die twee honde probeer afweer, maar sonder sukses. Die eienaar het later gesien wat gebeur en soontoe gehardloop en die honde van hom probeer af trek,” het Janus van Schalkwyk, ’n woordvoerder van die IPSS-nooddienste, gesê.

Die man het ernstige weefselskade aan albei arms en bene en geringe skade aan sy gesig opgedoen.

Die voorval het Maandagoggend om 07:45 plaasgevind.

Hy is in ’n stabiele toestand na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Bron: News24