WATCH: Henri is emotionless as the court visits his family home

1. Die media is in De Zalze-landgoed toegelaat.

IMG_3608

2. Henri en sy regspan was deel van ’n ondersoek ter plaatse by die huis in Goskestraat op die luukse gholflandgoed.

_T6A9587

3. Regter Siraj Desai het die inspeksie uitgevoer.

_T6A9601

4. Nes met vorige hofverskynings was Henri netjies geklee in ’n blougrys pak en hy het stilweg toegekyk hoe verrigtinge verloop.

_T6A9602

5. Hy het geen emosie getoon terwyl fotograwe hom afgeneem het nie.

IMG_3660

6. Die 22-jarige verdagte het Maandag onskuldig gepleit op die aanklagte wat verband hou met die wrede voorval wat in die vroeë oggendure van 27 Januarie 2015 by die huis afgespeel het.

_T6A9608

6. Hy het in sy pleitverduideliking gesê ’n inbreker, gewapen met ’n byl en geklee in donker klere, handskoene en ’n klapmus, het sy ouers, Martin (54) en Teresa (55), sy broer, Rudi (22), en sy suster, Marli (17), aangeval.

_T6A9597

7. Marli het ernstige kopbeserings opgedoen maar oorleef. Die res van die gesin het in die aanval gesterf.

_T6A9606

8. Die ondersoek ter plaatse is gedoen sodat die regter, wanneer hy getuienis aanhoor, ’n beter idee het van omstandighede op die misdaadtoneel.

_T6A9605

9. Hy is onder meer gewys waar in die huis die polisie die moordwapen gevind het, waar hulle die liggame van die oorledenes aangetref het, en sekere merke is ook aan hom uitgewys.

_T6A9609

10. Henri se regspan het ook potensiële ingangspunte uitgewys wat ’n inbreker dalk kon gebruik het.

_T6A9612

11. Dit het ingesluit twee ingange langs die huis wat in 'n sekuriteitslandgoed geleë is.

IMG_3662

12. ’n Buurman in die straat, Stephen Mitchell, het gesê inwoners van die landgoed het geen kwellinge oor veiligheid nie en voel baie veilig daar.

_T6A9603

13. “Ek dink nie enigeen glo werklik sy storie nie,” het hy gesê.

_T6A9621

14. Volgens hom was sekuriteit op die landgoed nog altyd goed en daar is sedert die voorval kameras geïnstalleer om enige beweging op die eiendom op te spoor.

_T6A9600

15. Henri het in sy pleitverduideliking gesê ’n inbreker in donker klere, handskoene en klapmus het sy geliefdes daardie oggend aangeval.

IMG_3658

16. Hy het gesê hy het ander stemme ook gehoor Afrikaans praat in hul huis.

IMG_3648

17. Henri beweer dat die inbreker, gewapen met ’n byl, ná ‘n struweling ontsnap het.

LEES MEER: Dít is wat volgens Henri van Brenda gebeur het op die nag toe sy gesin wreed deur ’n “laggende” bylmoordenaar aangeval is

IMG_3652

18. Sers. Adrian Kleynhans, die eerste beampte op die toneel, het Maandag getuig daar was geen teken van geforseerde toegang tot die gesinshuis nie.

_T6A9595

19. Hy het gesê met sy aankoms op die toneel daardie oggend was Henri emosioneel, maar hy het nie gehuil nie.

IMG_3654

Die nuwe eienaar van die huis het geweier dat die media binne die huis toegelaat word. Hulle is gevra om die landgoed te verlaat.

Foto’s: Corrie Hansen