Negentien mense is Saterdag in ’n botsing in Benoni, Gauteng beseer, sê paramedici.

[caption id="attachment_152939" align="alignnone" width="600"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]

Hulle is beseer toe ’n Corsa en twee minibus-taxi's in New Modder-pad in mekaar gebots het, sê Annine Dormehl, ER24 se woordvoerder.

Die bestuurders en passasiers het klein tot groot beserings opgedoen, sê ER24.

"Die bestuurder van die Corsa het blykbaar beheer oor sy motor verloor en in twee taxi's ingeswaai."

Sewe pasiënte is na die Sunshine hospitaal in Benoni geneem en 12 ander is na ander hospitale geneem, sê sy verder.

Die polisie ondersoek tans die saak.

Bron: News24