Volgens Paul Herbst van die IPSS-ambulansdienste het die kind op sy ma se skoot in die passasiersitplek gesit toe sy pa, die bestuurder, beheer oor die voertuig verloor het.

“Die motor het verskeie kere gerol en die baba het vasgepen geraak onder die voertuig.” 

Toe nooddienste op die toneel arriveer moes hulle die voorste ruit om die baba uitsny. Pogings is aangewend om hom by te bring, maar na 45 minute is die baba dood verklaar.

Drie ander mense is in die ongeluk beseer en na ’n nabygelieë hospitaal geneem.