Die seun en sy vriende het glo op ’n muur by ’n parkeerterrein gesit en kuier toe hy gegly en val het, het die nooddiensgroep Netcare 911 Saterdag in ’n verklaring bekendgemaak.

Paramedici het die 18-jarige aangetref waar hy ernstige kopwonde opgedoen het.

Volgens Netcare 911 is gevorderde lewensondersteunde stappe deur mediese personeel gedoen en die span kon hom stabiliseer.

Die seun is aan ’n draagbaar vasgemaak om enige verdere rug- of nekbeserings te voorkom en is daarna na ’n nabye hospitaal geneem vir verdere behandeling.