Volgens polisiewoordvoerder Anne Hofer word gevrees dat tot 17 mense nie daarin kon slaag om betyds uit die brandende bus te ontsnap nie. Minstens 31 van die passasiers is beseer, waarvan twee in ’n kritieke toestand verkeer.

Jürgen Stadter van die plaaslike polisie vermoed die dodetal gaan nog verder styg. “Ons moet realisties wees. Daar gaan waarskynlik nog meer sterf teen die einde van die dag.”

Die bus was op pad na Nuremberg toe dit naby Muenchberg in Beiere van agter teen die trekker-sleepwakombinasie gebots het.

Die A9-snelweg is intussen gesluit verklaar. Verskeie noodvoertuie en helikopters is op die toneel.

Bronne: dailystar.co.uk, news.sky.com, express.co.uk