Nog twee ander leerders het ook deurgeloop maar is gelukkig ongedeerd.

Die voorval het Dinsdag, voor die skool begin het, voor die De Grendel Hoërskool in Milnerton, Kaapstad, plaasgevind.

Jessica Shelver, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), sê die voorval het buite die skoolperseel plaasgevind.

“Een van die leerders is onder sy sleutelbeen gesteek. Luidens berigte is hy in ’n stabiele toestand en ontvang mediese behandeling. Daar is glo ’n toename in rooftogte in die area en die WKOD het versoek dat die polisie die area vóór en ná skool patrolleer.”

Jessica het ook genoem dat die WKOD ongelukkig nie die wettige gesag het om leerders se veiligheid te verseker as hulle buite die skoolperseel is nie.

Volgens Jessica sal die departement wel die betrokke leerders met die nodige berading en ondersteuning behulpsaam wees.

Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Daar is 'n saak van roof geopen vir verdere ondersoek. Geen arrestasies is nog gemaak nie.”