Ja, “reling ry” is ’n ding.

Die tiener en ’n vriendin het op hul boude teen ’n trapreling afgegly toe sy agteroor val.

Sy het ’n gebreekte rib en ’n gesplete lip in die voorval opgedoen.

Ongelooflik genoeg het sy nie besef sy het seergekry toe sy opstaan en saam met vriende klub toe gaan nie. Sy het die video op Facebook gelaai om mense te verseker sy is nie dood nie. Sy het gesê: “Almal dink ek is dood. Ek is bly ek kan vir mense sê ek is nog hier . . . Ek sal waarskynlik weer reling ry, maar ek moet net volgende keer sorg ek hou met albei hande vas.” Bronne: buzzfeed.com, elitedaily.com