’n 17-jarige meisie is dood by die Sekondêre Skool Edenpark, Johannesburg, nadat ’n klasmaat ’n stoel onder haar uitgetrek het, sê Gauteng se polisie.

“Net toe sy wou gaan sit, het sy geval nadat ’n leerder die stoel (onder haar) uitgetrek het.

“Sy is siekeboeg toe gebring en is deur die paramedici dood verklaar,” sê lt.kol. Katlego Mogale.

Die voorval het Maandag gebeur. Edenpark se polisie stel ondersoek in.

Geen nadere inligting is nog beskikbaar nie.

Nóg die skoolhoof nóg Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het tot dusver kommentaar gelewer.

- Sapa