Die tiener, wat se naam nie genoem mag word nie oor wettige redes,  het die bloedjie na bewering Saterdagaand omstreeks 18:55 aangeval en verkrag.

Die voorval het by die Nuthurst park in die Moston-area in Engeland plaasgevind.

Die Nuthurst park is ’n klein ontspanningspark wat ’n speelarea vir kinders op die ouderdomme van drie tot agt jaar insluit.

Luidens berigte is die verdagte Sondagaand gearresteer en het hy vandag in die Manchester Jeughof verskyn op aanklag van verkragting.

Speurders het ’n beroep gedoen op die publiek om nie oor hul ondersoek te spekuleer nie, berig Metro.co.uk.

“Ons is bewus van baie plaaslike spekulasie rakende die ondersoek. Ons wil vra dat lede van die gemeenskap dit moet stop en sodoende die ondersoek en wettige prosesse kan toelaat om voort te gaan sonder enige vooroordeel.”

Bronne: Metro.co.uk,The Telegraph, The Guardian