Vyftien paartjies in China het dit dalk so pas reggekry. Dié span het hul troue saam by die Happy Valley pretpark in Shanghai gevier. Om dit nog meer onvergeetlik te maak, het hulle trou beloof op 20 Augustus, beter bekend as China se Valentynsdag.

China se Valentynsdag is deel van ’n tradisionele fees waarop paartjies wat mekaar vir lang tye nie gesien het nie, weer bymekaar kom. Dit is vanselfsprekend ook ’n baie gewilde dag om op te trou.

Maar as jy op hierdie dag wil trou, vereis tradisie dat jy moet uithaal en wys. Daarom sal geen “gewone” troue deug nie en dis presies wat 15 bruide en hul aanstaandes voor beplan het.

Hulle troues gaan beslis nog vir lank onthou word. Boonop is ons seker dat hierdie adrenaliengevulde wipwaentjierit van 65 meter hoog in die lug enige ander trou-bewerasies geheel en al sou oorskadu het.

Bronne: Mirror.co.uk