’n 15-jarige leerder van Bishop Lavis in Kaapstad is na bewering in sy been geskiet deur ’n ander leerder in ’n skynbare voorval van bendegeweld, het ’n woordvoerder vir die departement van onderwys Dinsdag gesê.

Besonderhede van die voorval, wat Maandag plaasgevind het, kon egter nie deur die woordvoerder bevestig word nie.

Die leerder is in ’n ernstige, maar stabiele toestand.

Die skool gaan nou met bykomende sekerheidspersoneel toegerus word. "Ons het ook gevra dat die SAPD bykomende patrollering en sigbaarheid in die area handhaaf."

Bron: News24