met plegtighede, onder meer ’n gedenkdiens by die onlangs geopende besoekersentrum op die platteland van Pennsilvanië waar een van die vier gekaapte vliegtuie neergestort het. Oomblikke van stilte sal landwyd gehandhaaf word om die dodelikste terreuraanvalle op Amerikaanse bodem te herdenk. Altesaam 2 977 mense is in die aanvalle dood.

Op 11 September 2001 het ekstremiste op selfmoordsendings vier passasierstralers gekaap. Hulle het die vliegtuie in geleide missiele verander teen die twee torings van die World Trade Center in New York en die Pentagon-verdedigingshoofkwartier by Washington.

’n Nuwe gedenkteken is Donderdag onthul ter ere van die slagoffers van United Airlines se vlug 93, die vierde vliegtuig wat tydens die sameswering oorgeneem is. Die passasiers het dit blykbaar op ’n veld in Pennsilvanië laat neerstort om ’n aanval op Washington te fnuik.

Bron http://www.news24.com/World/News/US-marks-14th-anniversary-of-September-11-terrorist-attacks-20150911