In die video kan gesien word hoe die meisie, wat vermoedelik onder die invloed van drank is, hulpeloos op die grond lê terwyl haar bene oopgedwing word. Almal in die video dra skooldrag.

'n Hand word tussen haar bene ingedwing. In die video word gehoor hoe een van die verdagtes aangemoedig word om die meisie vinnig met sy vinger wakker te maak. ’n Gelag word gehoor.

Nog ’n seun kan gehoor word; hy sê dis nie nodig dat die meisie se klere uitgetrek word nie.

Die verdagte wat vermoedelik die video neem, sê vir die meisie: “Ons wil net jou vagina hê. Gee ons jou vagina en ons sal jou uitlos.”

Sy pleit dat die gebeure ophou.

Toe sy haar probeer teësit, word gehoor hoe iemand sê sy moenie aan hom raak nie.

Dieselfde seun sê: “Ons is die ouens wat jou gehelp het deur alles wat gebeur het. Selfs nou, en jou vriende het jou agtergelaat.”

Intussen word steeds probeer om haar broek af te trek.

Daar word gehoor hoe sy herhaaldelik pleit dat die gebeure gestaak word. Toe sy haar probeer teësit, word gehoor hoe iemand sê sy moenie aan hom raak nie.

Die meisie, ’n gr. 8-leerder, het na bewering saam met vriendinne op die skoolterrein gekuier.

Phaladi Shuping, woordvoerder vir die Vrystaatse vervolgingsgesag, sê drie seuns (onderskeidelik 15, 16 en 17 jaar oud) is verlede week in hegtenis geneem in verband met die voorval. Hulle word van verkragting aangekla. Al drie is leerders aan die Hoër Tegniese Skool in Bloemfontein.

Die meisie, ’n gr. 8-leerder, het na bewering saam met vriendinne op die skoolterrein gekuier. Hulle het haar glo daar gelos omdat sy te dronk was. Sy het vermoedelik weens te veel drank haar bewussyn verloor.

Nadat sy in die hospitaal bygekom het, kon sy niks van die gebeure onthou nie. Sy en haar familie het ’n saak gemaak nadat die skokkende video onder hulle aandag gekom het.

Die saak is tot 27 Junie uitgestel nadat dit bekend geword het dat die verdagtes doodsdreigemente ontvang het.

“Die hof sal dan besluit of die seuns in hul ouers se sorg vrygelaat sal word,” het Shuping gesê.

Bronne: news24.com, netwerk24.com