Volgens die woordvoerder Russel Meiring was die seun by die huis in die Douglas-gebied, naby Ladysmith in KwaZulu-Natal, toe die geweer per ongeluk afgaan terwyl hy daarmee gespeel het.

“ER24-paramedici het by die woning aangekom en is gelei na een van die slaapkamers waar hulle die jong pasiënt gekry het. Ná evaluering van die situasie het paramedici bevind dat die pasiënt ’n skietwond aan sy bobeen opgedoen het.”

Paramedici het die seun vir sy beserings behandel, sowel as om aan hom gevorderde lewensondersteuning te verskaf. Nadat hy behandel is, is hy na ’n hospitaal op Ladysmith gebring vir verdere behandeling. “Plaaslike owerhede is gekontak vir nog ondersoeke,” het hy bygevoeg.

Bron: News24