Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, het hulle gehoor gegee en drie kinders van nagenoeg 14 jaar aangetref wat deur weerlig getref is.

Twee van die drie het geringe beserings opgedoen, maar die derde tiener verkeer in ’n kritieke toestand.

’n Paramedikus het haar op die toneel gevorderde lewensondersteuning gegee voor sy na ’n hospitaal in Welkom geneem is.

Die paramedikus het deurentyd op pad daarheen ’n wakende oog oor haar gehou.