’n Doodgewone bad het in ’n nagmerrie vir ’n gesin van Lovington in die deelstaat Nieu-Mexiko ontaard toe die 14-jarige Madison Coe sterf.

Dit is egter onseker of sy doodgeskok is toe sy met ’n nat hand aan die selfoon geraak het en of die tragedie dalk plaasgevind het toe die selfoon in die water beland.

Sy het onlangs gr. 8 voltooi en sou binnekort na ’n hoërskool in Houston gaan. Haar ouers was besig om daarheen te verhuis.

Madison het vermoedelik haar slimfoon gebruik terwyl dit steeds by ’n kragpunt in die badkamer ingeprop was om te herlaai.

“Sy was dierbaar teenoor almal en baie geliefd. Sy was my blink ster.”

Dit is egter onseker of sy doodgeskok is toe sy met ’n nat hand aan die selfoon geraak het en of die tragedie dalk plaasgevind het toe die selfoon in die water beland.

“Daar was ’n brandmerk aan haar hand, die een wat sy sou gebruik het om die selfoon te gryp,” het Madison se bedroefde ouma Donna O’Guinn aan die plaaslike nuusdiens KCBD gesê.

“Sy was dierbaar teenoor almal en baie geliefd. Sy was my blink ster,” het Donna gesê.

Madison word beskryf as ’n slim en lewenslustige leerling. Ook dat sy oor ’n wysheid ver bo haar jare beskik het.

Haar familie glo dat hierdie tragedie met enigeen kan gebeur en hulle maak dit hul doelwit om te verhoed dat nog iemand so sterf.
 
“Ons moet meer bedag wees. Ons kinders moet weet elektrisiteit en water pas nie bymekaar nie,” het Donna gesê.

Elektriese toerusting en water

 
Madison se reaksie om haar selfoon te gebruik, is nie net iets wat ’n tiener sal aanvang nie. Daar is min selfoongebruikers wat nog nooit op ’n onbesonne tyd daarvan gebruik gemaak het nie.
 
Water is ’n uitstekende geleier. Sodra jy aan water raak, of in Madison se geval in die water is, sal elektrisiteit deur jou stroom.

  • Kragproppe moet minstens 3 m van die bad/stort/wasbak af in die badkamer wees.
  • Dit moet op ’n plek aangebring word waar geen kans is dat water daarop kan spat nie.
  • Maak seker jy gebruik nooit enige elektriese toestel as jou hande en voete nat is nie, of as jy op ’n nat oppervlak staan nie.
  • Draagbare elektriese toestelle soos haardroërs, verwarmers, radio’s en selfoonlaaiers moenie in die badkamer gebruik word nie.
  • Die kombuis bied ook baie uitdagings ten opsigte van basiese veiligheid, veral omdat soveel verskillende elektriese toestelle in gebruik is.
  • Moenie elektriese koorde om toerusting draai terwyl die toestel (bv. ketel, rooster) nog warm is nie.
  • Maak seker die elektriese toebehore is uitgeprop sou jy herstelwerk daaraan moet doen.
  • Hou jou oond skoon en vermy die opbou van vet en olie daarin.
  • Die bokant van jou mikrogolf is nie ’n pakplek nie - dit blokkeer ventilasie.
  • Meer as die helfte van brande in huise begin in die kombuis.
  • Moet ook nooit water gebruik om die vlamme te blus wanneer ’n elektriese brand ontstaan nie.

Bronne: kcbd.com, tid.org, electricalsafety.org.uknews.com.au