Laasweek het kykers van dié kykNET-realiteitsreeks gesien hoe die paartjies vakansie hou en dinge het behoorlik gekook tussen PJ en Luzaan.

“My droomvrou sal iemand wees wat weet wat sy in die lewe wil hê,” het PJ aan die begin van die reeks gesê. Dalk is Luzaan daardie een?

In vanaand se episode kom die tien boere vir oulaas byeen en in dié reunie-episode vind ons uit wie ’n maat gevind het. Gaan Christiaan iemand aan sy sy hê? En het Niel uiteindelik geluk gevind?

En soos die aanbieder Nadia Beukes gesê het: “Dis nie te veel gevra om gelukkig te wees nie.”

Boer soek ’n Vrou word vanaand om 20:30 op kykNET gesaai.