Altesaam 13 mense is in die hospitaal opgeneem ná ’n beweerde gaslekkasie in Seepunt, Kaapstad.

[caption id="attachment_126333" align="alignnone" width="600"]Die toneel in Seepunt. Twitterfoto: @ER24EMS Die toneel in Seepunt. Twitterfoto: @ER24EMS[/caption]

Die voorval het op die hoek van Bay- en Frits Sonnenbergweg plaasgevind.

Paramedici van ER24 het in samewerking met ander nooddienste ’n groep mense buite een van die geboue ondersoek. Talle mense het glo gesukkel om asem te haal.

Altesaam 43 mense is op die toneel ondersoek terwyl ’n span wat gevaarlike materiale hanteer, gestuur is om die gebou te deursoek.

Die mediese beamptes het vasgestel 13 mense het verdere behandeling nodig. Hulle is onderskeidelik na die Groote Schuur- en Nuwe Somerset-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Na wat verneem word het ’n bottel wat chloor bevat, glo gelek.

Die owerheid is op die toneel om die voorval te ondersoek.

Bron: ER24

Ander stories op Huisgenoot.com

#HG100: Gelukwense met ons honderdste verjaardag stroom in!

EKSKLUSIEF! Karen Zoid se liedjie spesiaal vir Huisgenoot en vir jóú!

Ons spesiale Huisgenoot-legkaart bied ’n lekker uitdaging!

Gateway to Space: Grootste uitstalling nóg in SA!