Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, was daar aanvanklik gedink dat ’n brand by ’n vulstasie uitgebreek het, maar by nadere ondersoek was dit ’n gasontploffing by ’n skrootwerf in Siemererstraat.

Twee van die 13 beseerdes verkeer in ’n kritieke toestand, nege is ernstig beseer en twee was gelukkig om met geringe beserings daarvan af te kom.
Chris versoek mense om ekstra waaksaam te wees wanneer daar van toerusting gebruik gemaak word wat met gas werk. “Maak seker daardie toerusting word gereeld deur goedgekeurde inspekteurs ondersoek en dat dit in ’n goeie werkende toestand is.

Robert Mualudzu van Johannesburg se nooddienste het aangedui dat die skrootwerf asook die pad gesluit is. Verskeie verordeninge is glo oortree en die Johannesburgse Metropolitaanse polisiediens sal die saak verder ondersoek.