Robin (63) was bekend as ’n kleurryke denker. Die akteur en komediant het ’n charismatiese persoonlikheid gehad en meer as 100 verskillende rolle vertolk. Sy woorde het ook baie mense diep geraak. Hier is ’n paar aanhalings:

  1. Dit maak nie saak wat mense jou vertel nie, woorde en idees kan die wêreld verander.
  2. Hoekom noem hulle dit spitsverkeer wanneer niks beweeg nie?
  3. Moet nooit met ’n lelike mens skoor soek nie; hulle het niks om te verloor nie.
  4. Jy kry net daardie een vonkie waansin. Moet dit nie verloor nie.
  5. As vroue die wêreld regeer het, sou daar nie oorlog wees nie, net intense onderhandelings elke 28 dae.
  6. Die lente is die natuur se manier van sê: “Kom ons hou partytjie!”
  7. Ek het altyd gedink om alleen te wees is die ergste ding ter wêreld; dit is nie. Die ergste is om saam met mense te wees wat jou alleen laat voel.
  8. Goeie mense beland in die hel omdat hulle hulself nie kan vergewe nie.
  9. Ek glo in die noodlot. Daar moet ’n rede wees hoekom ek is hoe ek is. Daar moet ’n rede daarvoor wees.
  10. Ja, ’n egskeiding. Dit stam van ’n Latynse woord; dit beteken om ’n man se geslagsdele by sy beursie uit te ruk.
  11. Kokaïen is God se manier om jou te laat weet jy verdien te veel geld.
  12. Die dood is die natuur se manier van sê: “Jou tafel is gereed.”
  13. Jy gaan slegte tye deurmaak, maar dit gaan jou altyd wys op die dinge wat jy begin afskeep het.