"Ek is gek daaroor om die aksiegoed te doen. Dis sooooveeel pret!"

Paul Walker, die akteur van The Fast And The Furious, is op 30 November 2013 in Santa Clarita, Kalifornië, in ’n motorongeluk dood. Hy was 40 jaar oud.

Hier is ’n paar van sy gesegdes:

  1. Jy weet, al wat werklik saak maak, is dat die mense wat jy liefhet, gelukkig en gesond is. Alles anders is net strooisels op die roomys.
  2. Ek is nie die soort ou wat voordeel uit my posisie trek nie.
  3. Ek wou nog altyd met motors gejaag het, sedert ek ’n jong seun was, net soos baie mans, dink ek.
  4. Ek is gek oor motors. Ek het ’n vliegtuigloods vol motors.
  5. Ek is gek daaroor om die aksiegoed te doen. Dis sooooveeel pret!
  6. Ek leef volgens: Doen dit goed of gaan huis toe. Dis met alles. Dis om iets heelhartig te doen of glad nie. Ek pas dit met alles toe. Ek pas dit toe met verhoudings, ek pas dit toe met sport, ek pas dit toe met alles. Dis waarvolgens ek leef. Dis hoe ek daarvan hou.
  7. Ek wens ek kon met elke waagtoertjie agter die stuurwiel wees.
  8. My filosofie is: As jy nie pret kan hê nie, is dit onsinnig om dit te doen.
  9. Die glans en die styl is nie vir my belangrik nie.
  10. Ek sou daarvan gehou het om op ’n perd se rug te woon en net ’n cowboy te wees.
  11. Ek is vir niks bang nie. Dis net hoe ek is.
  12. Ek word nie, soos sommige mense, deur geweld aangetas nie. Ek weet nie hoekom nie, maar ek geniet daardie intensiteit.