1. Hy het in Kuilsrivier naby Kaapstad grootgeword en skoolgegaan.
  2. Hy het al op vier konsert gehou in sy ouma se rok en oorbelle.
  3. Hy het ’n Afro-haarstyl op skool gedra.
  4. Nataniël was 10 jaar lank ’n kerkorrelis terwyl hy op skool was en klavier op die Universiteit Stellenbosch gestudeer het.
  5. Voor sy sangloopbaan was hy begeleier vir die sangeres Danielle Pascal, wat vir haar Edith Piaf-liedjies bekend was.
  6. Die eerste musiekstuk wat hy geskryf en uitgevoer het, was The Inexplicable in 1983.
  7. Ook in 1983 het hy sy eerste soloverhoogproduksie, Nataniël Joins the Piano, geskryf en opgevoer.
  8. In 1990 het hy sy eerste boek, Excuse Me, uitgegee.
  9. Hy het drie blitsverkoper-kookboeke die lig laat sien: Nataniël Kook (1994), Die Nataniël-kombuis (1996) en Food from the White House (2002).
  10. Nataniël is gek na klere met ritssluiters. Die meeste van sy hemde het ritssluiters en hy besit ’n Versace-jas met (sê hy) “200 zips”.
  11. Hy hou nie van jeans nie omdat dit blou is.
  12. Hy het sy bekende bruinrys-enlensiedieet nie gevolg om gewig te verloor nie, maar vir ’n mooier vel.