Sy is maar 12 jaar oud, maar die tenger Grace VanderWaal het mense wêreldwyd se asem weggeslaan toe sy en haar ukulele ’n oudisie vir America’s Got Talent aflê.

Die beoordelaars kon nie glo wat hulle hoor toe sy ’n liedjie wat sy self geskryf het, I Don’t Know My Name, opvoer nie.

So briljant was haar vertoning dat die gesogte goue gonser vir haar gedruk is. Die bitterbek-beoordelaar Simon Cowell was so beïndruk dat hy haar die “nuwe Taylor Swift” genoem het.

En wat was Grace se reaksie daarop?

Kyk hier om te sien of jy ook hoendervleis kry wanneer jy na Grace se stem en ukulelespel luister:

Lees ook op Huisgenoot.com:

Nike staan bankvas agter Maria Sharapova

EKSKLUSIEF: ’n Groot gunsteling verlaat die Laan

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .