’n 12-jarige is in aanhouding nadat sy na bewering haar ma op twee afsonderlike geleenthede probeer doodmaak het. Haar motief? Haar ma het haar iPhone konfiskeer.

Die meisie van Boulder, Colorado in die VSA, is daarvan beskuldig dat sy by twee geleenthede bleikmiddel in haar ma se water en vrugteskommels gegooi het.

Haar ma het vir die eerste keer olik gevoel vroeër vandeesmaand nadat sy ’n vrugteskommel gedrink het wat haar dogter vir haar gemaak het.

“Die ma het die reuk van bleikmiddel in haar vrugteskommel opgemerk. Sy’t gedink haar dogter het die glas skoongemaak en bloot nie die bleikmiddel behoorlike uitgespoel het nie”, lui ’n verklaring van die Boulder Balju-distrikkantoor.

Later dieselfde week het die meisie weer bleikmiddel in waterkraffie gegooi in haar ma se slaapkamer. Die ma het weer die sterk reuk van die bleikmiddel gewaar en haar dogter daaroor konfronteer.

“Dit is hier waar sy uitgevind het haar dogter het beplan om haar dood te maak - omdat sy haar dogter se selfoon gekonfiskeer het.”

Die ma verkeer tans in goeie gesondheid, maar die 12-jarige word by die Boulder Distriksjeugdigesentrum aangehou op twee eerstegraad-aanklagte van moord.

Bronne: businessinsider.com, abcnews.go.com, independent.co.uk