’n Bron het aan AFP gesê die vermiste vliegtuig is ’n McDonnell Douglas DC-9 en sowat 110 mense van verskeie nasionaliteite is aan boord.

Die bron het gesê die vliegtuig was nog in Malinese lugruimte toe hulle kontak verloor, maar was naby die grens met Algerië.

Verskeie nuusbronne het aangedui dat dit blyk dat die vliegtuig in Nigerië neergestort het. Intussen het Frankryk se minister van vervoer, Frédéric Cuvillier, gesê dat daar waarskynlik talle Franse burger aan boord die vermiste vlug is. Vlug AH5017.

“Die vliegtuig was nie ver van die Algeriese grens nie toe die bemanning gevra is om ’n ompad te vat; sigbaarheid was swak en hulle wou ’n botsing met ’n ander vliegtuig op die Algiers-Bamako-roete vermy,” het die bron van Air Algérie gesê.

“Kontak is ná die roeteverandering verloor.”

Die lugredery het die aangekondig van die vermiste vliegtuig in ’n kort verklaring gemaak wat die nasionale nuusagentskap APS uitgereik het.

“Lugvaartdienste het Donderdag 50 minute ná opstyging kontak verloor met ’n vliegtuig van Air Algérie. Dit was onderweg van Ouagadougou na Algiers,” het die verklaring gelui.

Dit het bygevoeg die maatskappy het ’n noodplan geaktiveer wat vlug AH5017 soek, wat vier keer per week die pasassiersroete aflê.

Een van Algerië se ergste lugvaartrampe het in Februarie vanjaar plaasgevind, toe ’n C-130 militêre vliegtuig met 78 mense aan boord in swak weerstoestande in die bergagtige noordooste neerstort; meer as 70 mense is dood.

Die vliegtuig was onderweg uit die wagpos-woestyndorp Tamanrasset in die verre suide van Algerië na Constantine, 320 km oos van Algiers.

Die land se ergste burgerlike vliegramp het in Maart 2003 in Tamanrasset plaasgevind.

In daardie ongeluk het net een van die 103 mense aan boord oorleef nadat ’n passasiersvliegtuig van Air Algérie tydens opstyging neergestort het toe een van die enjins aan die brand raak.

- Sapa