Steeds styg die dodetal. Agtien mense het tot dusver beswyk na die ongeluk wat op die pad tussen Badplaas en Machadodorp plaasgevind het.

Vroeër vandag

Die dodetal het van 11 tot 14 gestyg en die aantal beseerdes staan nou op 16. David Mabuza, woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het bekend gemaak dat dit 'n 22-sitplekbus en 'n Toyota Quantum-taxi was wat teen die vragmotor gebots het.

Vroeër vandag


Met paramedici van verskeie nooddienste se aankoms op die toneel, was talle slagoffers nog in, en onder, die bus vasgekeer.

Gespesialiseerde toerusting moes ingespan word om diegene wat in die bus vasgekeer is, te bevry.

Die bus was op sy sy langs die pad terwyl die vragmotor enkele meter daarvan in die middel van die pad gestaan het.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, is 11 slagoffers op die toneel dood verklaar. Veertien is beseer waarvan twee in 'n kritieke toestand is. Een van hulle is per lugambulans na die MediClinic in Nelspruit geneem.