En die chaos, skok en afgryse wat gevolg het, sal nog vir lang in menseheugenis vasgebrand bly.

In 1989 het Baba Vanga, 'n profetes van Bulgarye wat bekend is vir haar voorspellings, die volgende voorspel: "Afgryslik, afgryslik! Die Amerikaanse broers sal val nadat dit deur die staalvoëls aangeval word. Onskuldige bloed sal vloei."

Die broers word beskou as die Twin-Tower-"broers" en die staalvoëls as die vliegtuie wat die torings getref het. Sy maak ook 'n verwysing na 'n bos, wat as 'n verwysing na die destydse Amerikaanse president Bush gesien word.

Na bewering was 85% van haar voorspellings in die kol en het bekend gestaan as die "Nostradamus van die Balkan". Baba Vanga is in 1996 in die ouderdom van 85 oorlede.

11 September 2001 was net 'n doodgewonde dag vir die duisende inwoners van New York, Shanksville, Manhattan en die werknemers van die Pentagon. Tot waar elkeen deur vier gekoördineerde terreuraanvalle geteiken word - met passasiersvliegtuie.

Tydens die koelbloedige aanvalle sterf 2,977 mense, meer as 6 000 word beseer en na beraam word, word minstens $10 biljoen se skade aan geboue en ander infrastrukture aangerig.

Tot vandag toe wag 1 113 gesinne steeds op biologiese bevestiging of hul naasbestaandes wel onder diegene is wat gesterf het. "Die meeste het slegs 'n klein gedeelte van die oorblyfsels ontvang. Soms was dit bloot 'n trouring met 'n vinger, vir ander 'n kakebeen met tande," vertel Arnold Korotkin, 71, sosioloog en skepper van die lys van oorledenes na afloop van die aanval. Van al vier aanvalle, was dié op die Twin Towers waarskynlik die afgryslikste met duisende mense binne die twee geboue. Die eerste vliegtuig, dié van American Airlines Vlug 11: 'n Boeing 767, het om 07:59 van die Logan-lughawe opgestyg en was op pad na Los Angeles. Aan boord was daar 'n bemanning van 11 en 76 passasiers. Daar was nog 5 ander aan boord: die kapers. Om 08:46 tref die vliegtuig die noordelike van die Twin Towers.

United Airlines Vlug 175: 'n Boeing 767, vertrek om 08:14 ook van die Logan-lughawe met vyf bemanning aan boord, 51 passasiers en 5 kapers. Die vliegtuig tref die suidelike van die Twin Towers 09:03
Die nagevolge is selfs vanuit die ruimte sigbaar.
Dit het gelei tot skokkende beelde wat die wêreld ingestuur is.

A photo posted by Kim Mayer (@kndplusme) on

A photo posted by Camilla Milla ? (@milla_929) on

A photo posted by U.S. Support (@daily.freedom) on

Kyk: So lyk die nuwe Ground Zero Vir die eerste keer word daar onlangs meer oor president Bush se reaksie op die aanvalle bekend gemaak.Sy onmiddellike reaksie was weerwraak.
Tydens 'n telefoongesprek vanaf Air Force One met Dick Cheney, het hy volgens handgeskrewe nota's gesê “Ons gaan daardie bl****s kry. Dis oorlog." "Ons gaan uitvind wie dit gedoen het. Hulle gaan nie van my as president hou nie. Iemand gaan hiervoor betaal," het hy glo daarna aan sy personeel aan boord gesê.
So is die nuus die wêreld in gestuur.
Dis 15 jaar later, maar die trauma van daardie dag sal talle vir die res van hul lewe bybly.

Bronne: news.com.au, independent.co.uk, usatoday.com