'n 11-jarige seun is ernstig beseer ná sy ma (31) hom glo voor 'n bewegende trein ingestoot het.

Die voorval het in die Duitse stad Hamburg gebeur, berig die plaaslike mediabron Bild.

Die seun was vir sowat 40 minute vasgekeer tussen die spoor en die treinwa waartydens reddingspersoneel gespook het om hom te bevry.

Sy bene is ernstig beseer en sy een voet moes op die toneel geamputeer word. Hy sterk tans aan in die hospitaal.

Die seun se ma is intussen in 'n inrigting opgeneem vir psigiatriese waarneming.

Bronne: Metro.co.uk; thejournal.ie; Bild