Volgens Latasha Dyer het haar dogter buite gespeel toe die seun vra of hy haar babahondjie kan sien. Klein McKayla het “nee” gesê en sy is kort daarna in die bors geskiet.

“Toe ons destyds White Pine toe getrek het, het die seuntjie vir McKayla geboelie,” vertel Latasha Dyer in ’n video wat Sondag op WATE 6 News se webblad geplaas is. “Hy het haar gespot, haar allerhande name genoem en was net eenvoudig gemeen teenoor haar. Ek was genoodsaak om by die skoolhoof gaan kla. Hy het daarna vir ’n ruk opgehou met sy dinge en toe skiet hy haar skielik gister.” “Ek hoop die seun het sy les geleer, want hy het my baba se lewe geneem – en ek kan haar nooit weer terugkry nie.” Volgens die polisie is die seun van moord met voorbedagte rade aangekla en word hy in ’n aanhoudingsentrum vir die jeug aangehou. Die seun het die meisie met sy pa se haelgeweer geskiet.