’n Pragtige blondekop seun het homself gehang nadat sy meisie vir hom ’n poets gebak het deur hom te oortuig dat sy selfdood gepleeg het.

Tysen Benz (11) van Michigan was seker daarvan dat sy 13-jarige vriendin selfdood gepleeg het nadat sy vriende oortuig het om saam te speel en hulle sosiale media platforms gebruik het.

[caption id="attachment_167925" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Sy ma, Katrina Goss, het op 14 Maart op hom afgekom waar hy homself probeer hang het. Hy is hospitaal toe gejaag en op lewensondersteunende masjiene gesit. Dit is op Dinsdag 4 April afgeskakel.

Katrina sê hulle familie is totaal en al gebroke en beskryf hom as ’n student, ’n atleet, komediant, vriend, broer en merkwaardige kind. “Hy was seker die wonderlikste kind wat jy ooit sou ontmoet.

“Hy het elke soort sport gedoen, hy was baie sosiaal, hy het tonne vriende gehad en elke mens wat hom ontmoet het, het van hom gehou. Hy was die laaste mense wat die keuse sou gemaak het, ek dink dit was impulsief,” sê Katrina aan Daily Mail.

tysen-benz-2

Sy voel daar moet regsstappe geneem word teen die kinders wat die “siek grap” tussen mekaar gekoördineer het.

“Ek voel hulle is jonk en alles, (maar) julle het insig oor julle keuses en julle ken die verskil tussen reg en verkeerd. Julle kan julle eie keuses maak.

“Ek dink nie die ding moet ligtelik opgeneem word nie.”

Dit is onbekend wat presies aanleiding gegee het tot die poets en die polisie ondersoek die saak.

Bronne: dailymail.co.uk, nypost.com, gofundme.com