1. Die ware betekenis van die woord “shame” Buitelanders verstaan dit nie. Jy sien ’n oulike katjie en sê “shame”; jou vriendin het ’n baba en jy sê “shame”. Jou broer se motor is afgeskryf – weer sê jy “shame”. Jy sien iemand huil op die lughawe – “shame”. Een woord vir baie situasies. Dit werk elke keer.

2. Presies wat “nou-nou” beteken

Dit beteken jy sal binnekort daar wees. Nie nou nie, maar nou-nou. Jy weet, soos in nou. Nie nou dadelik nie – netnou. Hoe moeilik is dit nou om te verstaan?

via GIPHY

3. Inkopies by verkeerskruisings

Selfoonlaaiers, boksies sap, plastiekspeelgoed vir die kinders, netbedekkings om die vlieë van jou kos af te hou, cowboyhoede, hondebeddens, strandstoele . . . jy kan dit alles koop deur net jou motorruit af te rol!

via GIPHY
4. "Ja-nee" ’n Heeltemal aanvaarbare manier om ’n gesprek aan die gang te hou. oprah-shakng-her-head 5. Die belangrikheid van ’n gebalanseerde dieet

Only in SA does advertising bread and ice cream together seem like a good idea #onlyinsa #icecream

A photo posted by Rochelle Mbatha (@rochology) on

6. Wat ’n “gatsby” werklik is . . .
En hoekom slaptjips ’n aanvaarbare vulsel vir ’n broodrolletjie is.

Kea leboga Soweto. #kasi #onlyinSA

A photo posted by Moroka (@diychefrocky) on

7. Op daardie noot . . . melktert

melktert-1

Pure eetbare vreugde wanneer jy ’n hupstoot nodig het: 5 van ons gunsteling melktert-resepte

8. Hoe om te jol

Ons het Ed Sheeran ook geleer hoe om dit te doen. ed Jy kan meer daaroor hier lees. 9. Wat die dier op die Zoo Biscuit werklik is. Dis ’n kameelperd, nè?

A photo posted by ??Dale Heuer?? (@daleheuer) on

10. Hoekom dit so snaaks is.

A photo posted by Mbidzo Ladzani (@thisismbee) on

11. Hoe om Charlize Theron se van uit te spreek.

Selfs al het Charlize self vergeet hoe. Moenie bekommerd wees nie, ons sal haar altyd daaraan herinner.

via GIPHY

SA, jy’s waarlik uniek.

via GIPHY

Het jy enige sêgoed of gewoontes wat eie aan Suid-Afrika is om by ons lysie te voeg? Klik hier om dit op ons Facebook-blad te deel

- Nicola Whitfield