spog sy.

Sarah Engelbrecht het in Desember 105 jaar oud geword en die hele kontrei het kom inloer vir ’n snytjie koek en iets te drinke.

Ouma Wit, soos sy bekendstaan, vertel die geheim van haar lang lewe is dat sy altyd aan haar ouers gehoorsaam was. “As jy dit doen, dan seën die Here jou met ’n gesonde lewe,” glo sy.

Lees ook: Ouma van 97 slaag eindelik matriek

Sy is nog nooit in die hospitaal opgeneem nie, en selfs nou op haar hoë ouderdom het sy geen ernstige kwale nie. Sy eet en loop ook nog self. Haar gehoor is net nie meer van die beste nie.

Twee van haar dogters, Alice (73) en Lettie (66), bly by haar om haar te versorg.

“My ma het ook net so oud geword,” vertel Ouma Wit.

“Ek het haar op haar oudag versôre, en sy was 103 jaar oud toe sy afsterwe. Nou seën die Here my weer dat my twee kinders agter my kyk.”

Lees ook: Man sonder arms gebruik sy mond om sy 91-jarige ma elke dag te voer

Sedert haar geboortedag in 1910 het sy baie veranderings aanskou. “Dit was verbasend toe ons kyk hoe alles in werking tree,” vertel sy. “Ons kom van ’n donkiekar, en toe sien ons hoe die motorkar en die vliegtuig kom.”

Haar raad aan jong mense is “om die pad reg te loop, dan sal jy in jou oudae geseën word”.

– Jaco Hough-Coetzee

Ander stories op Huisgenoot.com

Nóg Oscar-benoemde rolprente begin dié naweek wys

Kanye snoer Kim se mond ná egskeidingsgerugte

Ontmoet Pandora, ’n baie spesiale tarantula

Dis nou vir jou ’n varkerige eiland!