Op ’n 102 straal Cecilia “Dolly” Boarman van trots terwyl sy eindelik haar graad 60 jaar nadat sy daarmee begin het, vashou.

[caption id="attachment_122493" align="alignnone" width="601"]ghfgh Die 102-jarige Dolly het byna ses dekades gelede ingeskryf vir haar graad in opvoedkunde, maar nooit klaargemaak nie. Foto: Brescia Universiteit[/caption]

Dolly het ses dekades gelede in 1957 vir haar graad in opvoedkunde aan Brescia Universiteit in die Amerikaanse deelstaat Kentucky ingeskryf. Sy was destyds 42 jaar oud en reeds ’n onderwyser by ’n Katolieke skool.

Ongelukkig het omstandighede veroorsaak dat Dolly nie haar graad kon voltooi nie en sy moes noodgedwonge die universiteit verlaat.

Lees ook: Nie taal, tegnologie of selfs kanker keer ouma van graadvang

Die universiteit het vroeër in 2016 van Dolly te hore gehom nadat die vise-president vir institusionele vooruitgang, Tracy Naylor, met Dolly se dogter, Jovita Fine, gesels het.

Jovita het self by Brescia klasgeloop en was in ’n stadium saam met haar ma klasgeloop. Sy was onlangs in verbinding met die skool se alumni-program. Die ma en dogter woon albei in Prescott, Arizona.

Brescia reik gereeld na alumni uit en besoek ook verskillende state om kontak met hul voormalige studente te behou.

Tracy kry toe die blink plan om saam met die universiteit se akademiese kantoor te werk en vir Dolly met ’n eregraad te verras.

“Toe Jovita my vertel dat haar ma ook aan Brescia klasgeloop het, het ek begin om die sommetjies in my kop uit te werk. Ek het geweet Jovita het in 1966 gegradueer, so ek het geweet daar moes ’n spesiale verband tussen ma en dogter wees,” vertel Tracy.

“Maar toe ek hoor sy is 102, was ek sprakeloos. Ek het dadelik haar akademiese rekord gekry en haar krediete uitgewerk.”

Lees ook: Waaghalsige ouma (81) ‘lewe op die rand van gevaar’ en spring by vliegtuig uit

Die universiteit se akademiese kantoor was meer as gewillig om aan Dolly ’n graad uit te reik. “Dit was een van die beste goed wat ek in my loopbaan die geleentheid gehad het om te doen,” sê Tracy.

Sy het toe na Prescott gereis en Dolly met haar graad verras. “Ek is so opgewonde om my diploma ná al die jare te kry,” vertel Dolly. “Dankie aan Tracy en dankie aan Brescia.”

Die universiteit het die nuus op hul webwerf gedeel. Daar vertel hulle ook dat Dolly ten spyte van die feit dat sy nooit haar graad in opvoedkunde voltooi het nie en steeds ’n voltydse onderwyser geword het.

Selfs ná haar aftrede het sy steeds by Katolieke skole, waar sy haar lewe lank gewerk het, uitgehelp.

Jovita bars ook van trots. “Ons het al vir almal daarvan vertel! Dit was regtig ’n wonderlike ding van die universiteit om te doen.”

– Petrus Malherbe

Bronne: Metro; Brescia University

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Dit laat hulle glimlag’: Barmhartige jongmense was gratis haweloses se klere

‘Dis waarom ek bedank het,’ onthul voormalige bok-afrigter Heyneke Meyer

Wie is die ellendige Murphy wat altyd alles laat skeefloop?

Dié vrou maak die spoggerigste kapsels vir perde

Waaghalsige ouma (81) ‘lewe op die rand van gevaar’ en spring by vliegtuig uit