Die bekende boet en sus Bobby en Karlien van Jaarsveld se werklikheidsprogram, Bobby en Karlien: In Jou Skoene, begin eindelik vanaand op VIA (DStv-kanaal 147).

bobby-en-karlien

Dis verpligte kykstof, selfs al is jy nie ’n aanhanger van hul musiek nie. In dié reeks onderneem hulle twee dae op ’n keer ’n emosionele avontuur wat deur ’n familielid bepaal word.

In die eerste aflewering ontmoet ons die hele Van Jaarsveld-familie. Bobby en Karlien se ouma Rina stuur hulle om twee dae in die Abraham Kriel-kinderhuis op Modimolle deur te bring.

Hier is waarom jy die reeks eenvoudig móét kyk

1. Kom kyk hoe lyk dit binne-in Bobby en sy vrou, Annatjie, se mooi Pretoriase plaashuis.

13

2. Maak eindelik kennis met Karlien se verloofde, Joe.

21

3. Bobby en Karlien se ouma Rina is moontlik die oulikste tannie op TV.

31

4. ’n Mens sou dink dié sibbes is met ’n goue teelepel gebore, maar hul grootwordjare was geensins aldag maanskyn en rose nie. Hulle ken ook van swaarkry ...

4

5. Karlien praat vir die eerste keer oor haar egskeiding en miskraam waaroor so gereeld in die media bespiegel is.

5

6. Ronel Brink, Bobby en Karlien se soms omstrede bestuurder-ma, is maar net 'n ma, 'n ma met 'n groot hart.

6

7. Die Van Jaarsvelds is eintlik 'n byderwetse familie. Ten spyte van hul ouers se egskeiding, kom die hele uitgebreide familie baie goed oor die weg.

72

8. Karlien beleef beslis haar allergrootste mode-laagtepunt.

81

9. Bobby het maar net so ’n skoongesig-voorkoms; kom meer te wete oor sy skoolseunsondes.

9

10. Jy kan ook 'n verskil in die kinderhuiskinders se lewe help maak. Gaan na candystick.co.za om uit te vind hoe jy die kinders van die Abraham Kriel-kinderhuis kan help.

10

Die eerste aflewering is ’n super-episode van 90 minute en begin op Woensdagaand 11 Januarie om agtuur. Die eerste episode se herhaling is op Sondagaand 15 Januarie om sesuur.

Vanaf die tweede episode is dit ’n uur lange aflewering wat halfnege op ’n Woensdagaand begin. Die herhalings is elke Sondagaand om halfsewe.

Daar is altesaam 13 aflewerings.