1 Hy het verlede Junie ’n aanhanger opgehelp toe sy omgestoot is in New York, en het onlangs nog ’n aanhanger by ’n Burberry-modevertoning tydens New York se modeweek gered toe ’n skare handuit ruk.

2 Daardie glimlag en kuiltjies maak ons knieë lam.

3 Hy is ’n gawe ou en maak graag koffie vir sy groepslede.

4 Mnr. Styles is beslis stylvol. Hy lyk altyd goed, van kop tot tone.

5 Hy is ’n sensitiewe ou. Die sanger het glo in trane uitgebars nadat hy lelike opmerkings op Twitter gelees het. Ons weet nie of die storie waar is nie, maar dit bly oulik.

6 Hy is vrygewig. Harry en sy beste pel, die A Team-sanger Ed Sheeran (23), het sowat R53 000 se pizzas gekoop en dit aan haweloses in Los Angeles uitgedeel. Te oulik!

7 Hy is ’n Brit. Ons kan heeldag lank na daardie aksent luister.

8 Harry is ’n diereliefhebber. Ons weet sommer dit vermurwe al wat ’n hart is.

9 Watwou Justin Bieber! Harry het die beste haredos in die musiekbedryf. Sou jy nie jou oogtande gee om jou vingers deur daardie krulle te trek nie?

10 Hy is ’n ware heer; dis nou wanneer hy nie meisies links en regs afsê nie. Harry is sjarmant en altyd beleefd tydens onderhoude en hou die deur vir meisies oop op afsprake. Dankie tog hy is weer ’n enkelloper.