As jy van plan is om die dag te vier deur ’n lekker gesoen in te ruim met jou maat, gebruik gerus ons wenke vir interessante variasies op die klapsoen-tema.
 
Of dit nou ’n piksoentjie op die wang of ’n volwaardige Franse kus is, hier is ’n lysie van romantiese maniere om jou liefde te toon – of selfs net jou belangstelling.
 

Die onverwagte soen

Mark Mangini en David White (Getty Images)

Dié soen behels dat jy die ontvanger daarvan onverhoeds betrap, maar wees gewaarsku: Dit sal dalk nie die gewenste uitwerking hê nie . . .
 

Mangelhokkie

Madonna het vir Drake geheel en al onverhoeds betrap met hierdie soen! Foto: Getty Images

Nou ja, dis beslis hartstogtelik . . . Dié soen behels volop lipaksie. ’n Beroemde voorbeeld van dié riskante soen is waar Madonna Drake tydens ’n optrede soen, maar ons dink nie hy was juis gek daaroor nie.

Die draaisoen

Die aktrise Julia Louis-Dreyfus en Bryan Cranston. Foto: Getty Images

Dié romantiese flieksoen sal jou voete onder jou uitslaan – heel letterlik. Hou jou geliefde om die middel vas en draai jou bolyf na die kant toe terwyl jy agteroorbuig. Let net op: As jy dit verkeerd doen, kan jy lelik seerkry.

Die kuise pikkie

Brittanje se prins William soen sy nuwe vrou, Catherine, die hertogin van Cambridge, op hul troudag in 2011. FOTO: Getty Image

Dis in die kol vir almal wat nie gek daaroor is om in die openbaar vatterig te raak nie – of wanneer jy jou maat liefies voor sy of haar ouers moet soen. “Dis al wat ons doen, belowe!”

Die nekknibbel

Mandy Moore as Rebecca en Milo Ventimiglia as Jack op die stel van This Is Us. FOTO: Getty Images

’n Knibbel in die nek kan nie skade doen nie! (Tensy jou maat toevallig Edward Cullen is. Al het Bella dit blykbaar geniet? Maar ons dwaal af . . .)

Dis ’n baie intieme soen, maar doen ’n mens dit reg, kan dit ’n maat speels laat lag – of lei tot iets meer intiems. Wees tog gewaatsku: Dis nie iets vir ’n eerste afspraak nie!

Die wangsoen?

Robert Downey jr. (regs) soen Chris Evans. FOTO: Getty Images

Vir die eerste afspraak wat bra goed verloop het. Dit wys jou metgesel jy hou van hom of haar, maar jy hou ’n veilige afstand ingeval hulle minder gretig is.

Die haargryper

Die Italiaanse aktrise en seremoniemeester Monica Bellucci (regs) en Franse komediant Alex Lutz. POTO: Getty Images

Dit raak nogal warm, of hoe? Dié soen is so passievol soos kan kom. Maar wees gewaarsku: Hou dit vir wanneer jy jou maat reeds taamlik goed ken.

Die ma-voëltjiesoen

Die model Heidi Klum en musikant Seal. FOTO: Getty Images

Dié kus met die gepaste naam lyk vreeslik baie soos ’n ma-voël wat haar kleintjies voer. Dis nommerpas wanneer albei partye op ’n drafstap ’n bietjie liefde wil betoon, want dit raak ná twee sekondes ongemaklik.

Die lugsoen

Selena Gomez. FOTO: Getty Images

Dis ’n flirterige, prettige soen en die beste nuus is, jy kan dit sonder iemand se samewerking doen. Dié soen wys jy hou van iemand, sonder dat jul lippe aan mekaar raak. So nie is dit ’n wonderlike manier om liefde aan jouself te betoon. Soek ’n spieël, jou lekker ding!

Die Franse kus

Britney Spears en Madonna. FOTO: Getty Images

Dis ’n klassieke soen, maar kan lelik skeefloop as jy nie jou storie ken nie. As jy onseker is, google vir wenke en kyk video’s op YouTube waar kenners wys hoe om te werk te gaan.