Chrystan het ’n opstel aan Huisgenoot geskryf om haar dankbaarheid te betoon aan “égte Afrikaanse taal”, soos sy dit noem. 


’n Ouer van die Hoërskool Hexvallei op De Doorns het die opstel aan Huisgenoot gestuur om haar ongelooflike talente ten toon te stel.

En hoe anders as om haar vir ’n dag uit te nooi en touwys te maak?

Chrystan het saam met Huisgenoot se verslaggewers en nuusredakteur die weeklikse nuusvergadering bygewoon en haar eie storie-idees voorgestel, kompleet soos ’n gebore joernalis!