“Ek lees die Huisgenoot van voor tot agter, sommer twee keer deur!”

chrystaneen

So het die kranige 10-jarige Huisgenoot-leser Chrystan Wagenstroom gesê toe sy haar lyf een dag joernalis gehou het by die Huisgenoot-kantore.

Chrystan het ’n opstel aan Huisgenoot geskryf om haar dankbaarheid te betoon aan “égte Afrikaanse taal”, soos sy dit noem.

Chrystan Wagenstroom (10) se opstel oor Huisgenoot

’n Ouer van die Hoërskool Hexvallei op De Doorns het die opstel aan Huisgenoot gestuur om haar ongelooflike talente ten toon te stel.

En hoe anders as om haar vir ’n dag uit te nooi en touwys te maak?

chrystanvier

Chrystan het saam met Huisgenoot se verslaggewers en nuusredakteur die weeklikse nuusvergadering bygewoon en haar eie storie-idees voorgestel, kompleet soos ’n gebore joernalis!

Kyk hier hoe Chrystan haar lyf redakteur hou: