• Nelson Mandela se oupa het hom Rolihlahla gedoop, wat “ophitser” beteken.
  • Op sy eerste skooldag het sy juffrou, me. Mdingane, hom “Nelson” begin noem.
  • “Madiba” is Nelson Mandela se Tembu-stamnaam. Sy pa was die kleinseun van die Tembu-koning Ngubengcuka; daarom ag die Xhosas Mandela as die seun van ’n koninklike.
  • Nelson Mandela was 17 jaar oud toe hy in 1935 sy eerste paar skoene kry.
  • Mandela het as ’n student aan die Universiteit van Fort Hare begin boks en het die kryt gebruik om van sy spanning ontslae te raak. Hy het glo dié sportsoort geniet omdat dit meer oor taktiek en voetwerk gegaan het as blote krag.
  • Mandela en sy vriend Justice Dalindyebo het van hul tuisdorp gevlug om aan gereëlde huwelike te ontsnap.
  • Daar was drie mev. Mandela’s: Evelyn Mase (Walter Sisulu se niggie), Winnie Madikizela en Graça Machel.
  • Madiba het ses kinders, 17 kleinkinders en 14 agterkleinkinders gehad.
  • Sy slottoespraak in die Rivonia-verhoor het byna vyf uur geduur.
  • Madiba gaan op Qunu in die Oos-Kaap ter ruste gelê word. Al sy ontslape naasbestaandes is ook daar begrawe.