Hier is 10 interessante feite oor die Orion-ruimtesending

1. Die Orion-ruimtetuig is ontwerp om mense na die Diep Ruimte te neem en sal deel vorm van Nasa se plan om mense in 2030 na Mars te vervoer.

2. Die toetsvlug wat vandag begin, is onbeman en Orion sal verder reis as enige bemande tuig die afgelope 40 jaar.

3. Vir 2017 word nog ’n onbemande toetssending beplan en vir 2021 die eerste bemande vlug.

4. Op sy naaste aan ons, is Mars 56 miljoen km van die Aarde af.

5. Die Orion se rekenaar sal 480 miljoen instruksies per sekonde kan verwerk.

6. Die Orion-kapsule sal ons atmosfeer teen 33 000 km/h binnedring – vinniger as enige ander bestaande ruimtetuig.

7. Die Orion-kapsule sal 2 200 °C kan weerstaan.

8. Benewens batterye maak die Orion staat op hoëtegnologie-sonkragpanele vir elektrisiteit.

9. Orion kan temperature weerstaan wat ’n kernreaktor sal laat smelt. Die buitenste laag brand weens wrywing weg wanneer die kapsule ons atmosfeer binnedring, anders as die pendeltuigteëls wat hitte absorbeer.

10. Orion se deursnit is 5cm en sy volume is die helfte meer as Apollo 11 s’n.

Bron: Huisgenoot