Span gerus die wag voor jou mond in! Hier is 10 dinge wat jy nie vir swanger vroue moet sê nie . . .

  1. Is dit beplan?

    Hoe, waar, wanneer en waarom ’n kind in die lewe gebring word, is niemand anders se saak as die ouers s’n nie.

  2. Sjoe, jy is groter as enige iemand wat ek nog gesien het!

    As ’n swanger vrou gewig aangesit het, of swaar dra aan haar ongebore baba, dan weet sy dit. Dit is nie nodig om dit vir haar uit te wys nie. Dit is onsensitief, en doen haar reeds-kwesbare selfbeeld net meer leed aan.

  3. Het jy al baie gewig aangesit?

    Weereens, ’n vrou se swangerskap-gewig is haar eie saak. Dit is boonop ’n onsensitiewe ding om te vra.

  4. ’n Tweeling? Sjoe, maar jy gaan jou hande vol hê.

    ’n Nuwe ma besef haar kleinding gaan ’n handvol wees, veral as dit ’n tweeling is. Moet haar nie verder bangpraat nie.

  5. Ek kan nie glo jy het nog nie die babakamer reggemaak/’n karstoeltjie gekoop/begin beplan aan die doop nie!

    Die voorbereiding vir ’n kind se koms is ’n persoonlike saak, en dit is onsensitief om druk op die ouers te plaas oor wat hulle wanneer gereed moet hê. Jy gaan die ouers waarskynlik ook angstig maak met hierdie tipe stellings.

  6. Ek neem aan jy gaan sekerlik borsvoed?

    Nie net is die keuse om te borsvoed persoonlik nie; daar is ook ma’s wat weens mediese redes nie kan borsvoed nie. Moet daarom nie jou persoonlike mening oor borsvoeding met dié tipe stellings op iemand afdwing nie.

  7. Gaan jy so gou ná jou kind se geboorte weer begin werk?

    Hierdie vraag veroordeel die vrou se besluit om terug te keer kantoor toe, en impliseer dat sy haar kind gaan afskeep. Dit is ongevraagd.

  8. Toe ek swanger was, het ek nooit dít gedoen nie en net dít gedoen.

    Elke vrou se swangerskap is unieke en ’n persoonlike reis. Moenie die keuses wat jy tydens jou swangerskap geneem het op iemand anders afdwing nie.

  9. Dis hoogtyd dat jy swanger raak!

    Elke paartjie het die reg om te besluit wanneer hulle wil swanger raak, en dit is niemand se saak as hulle langer wag as wat hul vriende en familie graag wou hê nie. Daar kan boonop mediese redes waarom hulle langer wag om ’n gesin te begin, en hierdie stelling kan daarom seermaak.

  10. Dis ’n jammerte dis nóg ’n seuntjie/dogtertjie.

    Elke ouerpaar is lief vir hul kinders, ongeag hul geslag. As jou vriendin dus haar derde seun in ’n ry verwag, ondersteun haar pleks daarvan om nydige opmerkings soos dié te maak.

Bronne: www.news.com.au, www.rd.com, www.parenting.com, www.pregnancycorner.com