’n Man is dood en 20 mense beseer nadat ’n minibustaxi Woensdagoggend teen twee motors gebots het, sê paramedici.

[caption id="attachment_106458" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Die slagoffer, in sy 30’s, was onder die taxi vasgekeer voor brandbestryders hom uitgekry het, sê Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care.

Hy is op die toneel dood.

Die taxi het om 08:40 op die hoek van Isipingo Ou Hoofweg en Platt-rylaan teen twee motors gebots.

Twintig mense het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na verskeie hospitale in Durban geneem.

Bron: News24