Volgens ER24 het paramedici omstreeks 05:30 albei voertuie langs die pad aangetref.

Die lyk van die bestuurder van die sportnutsvoertuig het buite die voertuig gelê. Die man het veelvuldige noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

 Altesaam 12 insittendes van die minibus is behandel vir geringe tot matige beserings en na die Potchefstroom Provinsiale Hospitaal geneem vir verdere sorg.

Die polisie was op die toneel en ondersoek nog die oorsaak van die ongeluk.