Die akteur Mel Gibson gaan die ma van sy dogter $750000 (sowat R5,25miljoen) betaal en gedeelde toesig oor die 22 maande oue kind kry, het Die Burger berig.

Daarmee is die twee se bitter stryd oor toesig en geld nou tot ’n einde.

Gibson en Oksana Grigorieva het Woensdag in die hooggeregshof in Los Angeles ’n skikking bereik ná ’n twee jaar lange woordestryd.

Regter Peter Lichtman het al twee verbied om boeke oor hul stormagtige verhouding te skryf.

Klik hier om meer te lees.

Volg Huisgenoot op Twitter.