Die bekende Hollywood-akteur Nicolas Cage se seun het met ‘n Suid-Afrikaanse nooi getrou.

Nikki Williams (22) en Weston Cage is op ’n luukse seiljag, Confidential Lady, op die Pontchartrain-meer by New Orleans getroud.

Attie Williams van Bainsvlei, Bloemfontein, sê hy was nie op sy dogter se troue nie, maar wil binnekort in Los Angeles gaan kuier om sy nuwe skoonseun te ontmoet.

“Ek is baie trots op my dogter. In haar klompie jare in Los Angeles het sy reeds baie bereik,” het Williams aan die Volksblad gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter.