Koop en bereiding

  • Rou hoender kan skadelike bakterieë bevat wat voedselvergiftiging soos salmonella- en stafilokokkus-infeksie, klostridium perfringens, kampilobakter of listeriose veroorsaak.
  • Koop dit voor die verkoopteen- of vervaldatum.
  • Moenie die hoender was nie, want dit kan bakterieë na die opwasbak, toonbank en ander oppervlakke in jou kombuis laat versprei. As jy hoender en ander pluimvee was, gaan dit nie die
  • bakterieë daarvan verwyder nie.
  • Moenie marinade weer gebruik wat aan rou vleis geraak het nie.
  • Gebruik aparte kombuisgereedskap vir rou hoender en ander kosse, soos slaai.
  • Hou dit in die verpakking tot net voor jy dit gebruik.
  • Kruisbesmetting van hoender met ander vleis en swak hygiene kan jou hoender laat bederf.

Gaarmaak

  • Dit moet teen minstens 61 tot 70 °C gaargemaak word om bakterieë dood te maak. Toets deur die hoender met ’n vurk te steek
  • helder (nie pienk nie) sappe moet uitvloei wanneer ’n vurk met gemak daarin gedruk word.
  • Moet dit nie langer as vier uur buite die koelkas of van die rooster af los nie. Bedek dit om dit teen besmetting deur insekte te beskerm.
  • Gaar kos wat nie dadelik geëet sal word nie, moet so gou moontlik (hoogstens vier uur) afgekoel en in die koelkas geplaas word.
  • Oorskietkos moet net een keer herverhit word. Sorg dat dit 61 tot 70 °C bereik wanneer jy dit weer verhit.

Bêre

  • Vat ’n koelboks en yspakke saam wanneer jy hoender by die winkel gaan koop. Sodra die hoender begin ontvries of die temperatuur nie koud genoeg voel nie, moet dit verkoel word.
  • Marineer altyd in die koelkas. Moet dit nie buite die koelkas los nie.
  • Hou rou kos apart van gaar kos.

Voedselvergiftiging

Maagpyn, naarheid, vomering en diarree is simptome en kan van ’n paar uur tot drie weke aanhou, na gelang van die erns van die besmetting en hoeveel besmette kos ingeneem is:

  • Salmonella-infeksie: ses tot 72 uur
  • Stafilokokkus-infeksie: halfuur tot ses uur
  • Listeriose: een tot drie weke
  • Kampilobakter: drie tot vyf dae
  • Klostridium perfringens: agt tot 22 uur

Maak so:

  • Drink baie vloeistof.
  • As dit aanhou, jy swanger is, ’n verswakte immuunstelsel of ’n baba met die simptome het, bel jou dokter.