1. Maak seker die item is inderdaad van koper deur ’n magneet daarteen te hou. As dit vassit, is dit met koper oorgeblaas en moet dit met water en ’n ligte skoonmaakmiddel gewas word.Koper self kan skoongemaak word met ’n pasta van 1 teelepel sout, ½ koppie asyn en ’n bietjie meel. Vryf aan, wag 10 minute en spoel af met warm water.
  2. Maak groot items skoon met ’n sny suurlemoen waarop jy koeksoda gesprinkel het. Was dan met warm, seperige water.
  3. Verhit klein koperitems in tamatiesous in ’n pot. Laat kook, verlaag die hitte en laat prut tot die items blink. Spoel af en poets.
  4. Maak koper blink deur dit met tamarynpasta in te vryf en te was. Die pasta is sag en sal nie die metaal krap nie.
  5. Dié wenk werk net vir onverniste koper: Sny ’n suurlemoen in kwarte met die skil aan. Maak een bakkie vol warm seepwater en een vol warm skoon water. Vryf die item oral in met die suurlemoen. Maak moeilike hoekies of kepies met die suurlemoensap vyf minute aanlaat sagte lappie.